Die masker en die kerk

Die duiwel is los, en nou veel meer as ooit van te vore. ‘n Plek waar ons veilig is van die satan is saam met mede gelowiges, daar beveg en bestraf ons hom in die gees, laat hom nie toe nie en hy is eintlik al klaar verslaan.

Hierdie hele valse virus is demonies en die beste is om dit in die gees te beveg, maar as jy in die wêreld is of gedeeltelik dan dra jy ‘n masker uit vrees en bespuit jou hande met chemikalieë, skryf jou temperatuur op en verklik jou buurman.

Grootste verwarring en lekkerste speelplek van die satan is in die kerke onder die sogenaamde gelowiges wat nie ‘n oortuiging in hulle harte het nie, wat die kerk se dogma benodig, wat die bel hoor maar nie weet waar die klok hang nie, soos die engels man sê, “no pun intended”.

So besluit ek om na ‘n protestantse kerk te gaan, Sondag oggend tuis en gee die duiwel ‘n halwe kans en die probeer planne in die wiele te ry. Halfpad oppad kerk toe kom ek agter ek het nie my stof serp by my nie, ek sal onder geen omstandighede ‘n masker dra nie. Ek ontvriend ook sommer almal op sosiale media wat trots selfies pos van halwe gesigte met blou maskers.

Nou ja, by die kerk aangekom sien ek die karwag buite besig om geld af te bedel by die verdaagende lede van die vroeë diens, wonder ek of hy daar werk, wonder ek of dit die Here of kerk se wil is om ook die karre te beskerm of dit miskien beter was om eerder sy siel te beskerm en die karre aan die genade oor te laat.

By die deur moet ek my naam, kontak besonderhede, temperatuur ens invul volgens die protokol wat daar gestel was. Almal dra masker, bloues, tot onder die ooglede. Wyse gryses dink ek maar is nie oortuig nie, was vroeg in die kerk en gaan sit in die middel van die middel. Nie geweet ouderlinge en diakens is al lankal uit die bus gegooi nie?

‘n Gesette dame beweeg rond en deel die afkondigings uit op papier, mense sit so twee twee bymekaar op distansie soos aangedui met die groen reg merkies agter op die kerkbanke. Ek lees Timotheus, die dag se skriflesing, kyk nie op of links of regs nie.

Die middelste blok banke raak effe vol, sien die mooi gekleurde en perfekte bollas van die ou dames, ruik chemikalieë en dames parfuum. Die “praise en worship” verhoog is leeg, skyfies draai af op die groot skerm, die kansel word nie meer gebruik nie, net ‘n podium voor in die kerk vir die dominee. Die skoot rekenaar met die skyfies en liedere word beheeer die propinent, en nêrens is psalm en gesange boeke meer te sien nie.

Dominee doen die afkondigings en skriflesing, ons moet sing, die orreliste trek weg maar die skyfies op die projekter werk nie, niks gebeur nie want niemand ken die woorde nie net ‘n gemompel kom uit onder die maskers. Is asof die aarde beide die dominee en proponent moes insluk, verskoning word gemaak en simpatiek word gevra dat ons die volgende rondte vier liedere sal moet sing. Dominee lewer die preek maar maak geen kontak met die enigste persoon wat nie ‘n masker dra nie, waarkynlik beskou hy my as die duiwel se werke. Dit is die begin van pinkster week en die diens gaan oor om in vuur en vlam te wees vir God deur die Heilige Gees.

Uiteindelik mag ons sing, heerlike “praise en worship” maar niks kom van onder die maskers vandaan nie, my stem weergalm deur die kerk, my hande gaan omhoog en ek kan voel die kyke van agter af. Ek volg maar die pas van die proponent wat die voorsang doen oor die mikrofoon, asof hy en ek die enigste in die kerk is en dan dans ek nog daarby.

Teen daai tyd kan ek nie wag dat die seën uitgespreek word nie, soos van oudts toe ons kind was en wag dat die kerk moes klaarmaak, die keer moes ek dringend na die toilet maar gedink as ek daar opstaan voor almal sonder masker word ek onmiddelik onder sensuur geplaas. Toe amen gesê word spring ek op en kyk na agter waar ek heen kon gaan, die gesette mevrou stop my en sê dat sy die diens so geniet het deur my entoesiasme gade te slaan, ek sê ek moet toilet toe, waar is dit?

Oppad uit laat ek my kollekte in die wit boks by die deur, dominee neem afskeid van die lede en gluur in my rigting uit die hoek van sy oog. Buite die kerk, nog steeds bitter koud is die self aangestelde karwag met die geel reflektor baadjie besig vir die tweede keer om geld af te rokkel by die verdaagende lede. Dadlik raak ek ongesteld, weet hy dan nie dat al die karre in elk geval gesteel sal word indien dit die Here se wil is nie. Vra of hy ‘n bybel

het, vra of die kerk al notisie van hom geneem het? Nee niks, hy probeer ook maar om te oorleef, so vat ek hom dadelik saam na die gesette mevrou buite die kerk en vra dat hulle hom ‘n bybel moes gee en vertel hom dat ek hom nooit weer buite die kerk wil sien nie maar binne in die kerk, so draai ek om voordat die gesette mevrou my weer wil laat weet hoe baie sy die diens geniet het agv my toedoen.

Ek het wee terug gekeer om afluiting te kry, nie oor die masker of die karwag nie maar oor die spesifieke denominatie, dus net om berusting te kry, sien ek soek nog na ‘n geestelike tuiste. Die volgende Sondag is ek terug soos die vorige keer vir die tweede diens en die keer was ek nie so vroeg nie dus die kerk het al half pad vol gesit. By die deur is ek vermaan om my masker te dra deur ‘n dame, die proponent se vrou vind ek later uit. Ja sê ek, dit is ‘n buff, stof masker maar ek haal hom af in die kerk en beslis wanneer ek sing. Nee, sê sy ek sal dit nie doen nie so ewe self aangestel, later sien ek haar in die tuin vêr van almal maar nog steeds masker op, “maskh…” dink ek by myself, een van daai.

In die kerk gaan sit ek byna op die ou ouderlingsbanke om my sosiaale distansie te toon en almal gerus te maak. Dominiee, dieselfde een as vorige week, kyk vir die eerste keer na my, die gesig sonder die masker en voor enigiets begin hy oor die protokol van die kerk, die kollektiewe is groter as die individu en dit gaan oor die gemeente en die reëls en lede het gekla dat hulle nie meer kerk toe gaan kom nie omdat sommige nie hulle maskers dra nie en hy gluur in my rigting terwyl hy almal vermaan om maskers aan te sit. Ek besef alle oë is op my, van oor die kerkbanke gluur hulle, ek staan op met ‘n bevryde uitdrukking, gee almal ‘n oorsigtelike kyk sonder masker, beweeg op teen die gangpad na agter waar stoele staan en ook ‘n projektor en gaan sit daar vêrder en besluit die duiwel gaan my nie roer nie.

Die preek was vir my bedoel, pragtige woord uit Tessalonisense 5:16-18, die “praise en worhip” was awesome, die duiwel probeeer my aan te val met ‘n hoesbui, betraf hom en het ‘n heerlike tyd gehad sonder om soos ‘n melaatse te voel.

Met die uitgangslag nog steeds geen masker op nie het ek my kollekte betaal met ‘n lied in my hart, gerus gestel dat ek nou klaar was met die kerk se denominatie. Buite sit ‘n meth verslaafde met krukke en geen tande, ek voel aangesproke om na hom uit te reik en gaan sit saam op die randsteen, so kom die karwag ook sit en die gemeentelede loop draaie om ons. Daar het ons vêrder kerk gehad vir nog ‘n uur met ‘n swart dame wat vir die twee kos saam gebring het van die supermark af, maar te bly ek hoef nie self te gaan koop nie en ook spyt ek het my kollekte in die kerk afgegee. Wat daar gebeur het is ‘n verhaal vir ‘n ander dag.

Om af te sluit, die daaropovolgende Sondag besoek ek ‘n soortvan informele kerk met ‘n “praise en worship team” en gemeente lede van “all walks of life”, daar aangekom was dit asof hulle op ‘n ander planeet was, geen maskers, net besorg oor elkeen se geestelike welstand, mooi oop gesigte met pragtige glimlagte, was heerlik en ek gaan weer terug soontoe. Die bybel spreek van, en ek ken nie die juiste adres nie, wanneer ‘n babatjie gebore word moet ons treur en wanneer iemand tot sterwe kom moet ons blydskap in ons hart hê, mits ons weet dat sake met God uit gesorteeer is. Ek laat dit daar, seën vir elkeen.

Recommend0 recommendationsPublished in Letters

Related Articles

Responses